Gawie Photo.jpg

ds gawie cloete

Gawie Cloete word op 15 Mei 2011 as eerste leraar van Bunbury Gereformeerde Evangeliese kerk bevestig.  Hy en Alba, sy vrou, het die beroep gekry terwyl hulle leraarspaar van Mariental NG gemeente in Namibië was.

Gawie is in Namibië gebore en behalwe vir 8 jaar wat hy in
Nieu-Seeland saam met sy gesin gebly het (1997-2005) was hy al die ander jare predikant in Namibië. Hy begin sy bediening in 1988 in Leonardville en bedien ook Windhoek-Wes en Mariental as leraar.

Gawie was die eerste predikant van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland – ‘n Kerk wat vandag meer as tien gemeentes reg oor Nieu-Seeland het.  Hy en sy vrou Alba woon in Dalyellup, Bunbury en het een dogter, Karlien.