Ds Willie Botha (Tel. 061 411 934 070)
DS WILLIE BOTHA
Willie Botha is sedert 25 Oktober 2020 die tweede predikant van die Gereformeerde Evangeliese Kerk Bunbury.
Ds Willie en sy vrou Tania, was vir 12 jaar die leraarspaar van die Hervormde Kerk in Lydenburg, Mpumalanga. Hy het ook die gemeentes Krugersdorp, Heilbron en Bulawayo kombinasie bedien.
Ds Willie en Tania, het ’n passie vir mense. Die erediens vorm die hart van ons gemeente, en dit is ’n groot voorreg om saam met die gemeente elke Sondag die erediens aan te bied.
Hy’s ’n boorling van die Karoo.